Tuesday, March 19, 2013


Stone Henge
Hierdie monument is ‘n Chromlech struktuur, dit beteken hy het ‘n sirkullêre steenstruktuur.
Dit bestaan  uit vier konsentrise sirkels:
  1.      Buite ring-Pare groot monoliete met steenlatei.
  2.      2de ring- Kliener sarasienstene.
  3.      3de ring- In halfskoen vorm en bestaan uit vyf pare monoliete met lateie.
  4.      4de ring- ook in die vorm van perdeskoen en bestaan uit kleiner stene met ‘n plat rots in die middle.
Wetenskaplikes skat dat hierdie monument gebruik isvir rituele vir die son god.
Maar daar is ook bewyse dat dit as ‘n politiese mags verhoging sesteem gebruik is deur die eerste man wat goud kon smee in daardie tyd, daar is egter geen record van hom gevind nie.

Saturday, March 2, 2013

Eiland tot China- 'n Wêreld Vol Kuns





Paaseiland
Hierdie eiland is tydens paastyd op 1722 ontdek deur Roggeveer.
Van sy skip af kon hy groot steen koppe sien wat op die eiland uitstaan. In 1914 het die Britse argeoloog, Katherine Routledge begin ondersoek instel oor die eiland se geskiedens, legendes en steenkoppe.
Daar is bevind dat die eerste mense tussen die 14de en 17de eeu  na die eiland toe gekom het, en van ander Polinsiese eilande afkomstig was.
Daar was later twee stamme gestig: die “HA-nau-aa-epe” (lang-oor stam) en die “Ha-nau-mo-moko”( kort-oor stam). Daar was ‘n teenstrydigheid tussen die stamme, en tot gevolge was hierdie reusagtige steenkoppe. Die koppe staan tot 10 meter hoog!
Al hierdie steenkoppe staar binnelands en daar is van die beelde tot in die Rano Raka vulkaan gevind. Daar is ongeveer 1000 van hierdie beelde op die eiland. Argeoloë skat dat dit hierdie mense plus minus 500 jaar gevat het om hierdie koppe te varvaardig, en hulle lyk almal dieselfde!




Die Terracotta-Weermag
In 1974 in Xi,an in die Shaanxi-provinsie, het ‘n paar boere die skok van hulle lewe gekry, die Terracotta weermag.
6000 tot 8000 lewens groote klei soldate, gereed vir oorlog, met wapens in die hande. Hierdie beelde is almal uniek met verskillende gesigte en gegote lywe en was ‘n vorm van begrafnis kuns vir die eerste keiser van China in 210 V.C.
En hoeveel werkers was nodig? Daar is ‘n geskatte getal van tot 70000 werkers wat by hierdie “projek” betrokke was.
Die weermag was in ‘n groot saal met hout dakke gebêre. Daar is 11 ingange in totaal en 4 hoof ingange na die saal toe, heelwaarskynlik vir die werkers om in te kon kom.