Paaseiland
Hierdie eiland
is tydens paastyd op 1722 ontdek deur Roggeveer.
Van sy skip
af kon hy groot steen koppe sien wat op die eiland uitstaan. In 1914 het die Britse
argeoloog, Katherine Routledge begin ondersoek instel oor die eiland se
geskiedens, legendes en steenkoppe.
Daar is bevind
dat die eerste mense tussen die 14de en 17de eeu na die eiland toe gekom het, en van ander
Polinsiese eilande afkomstig was.
Daar was
later twee stamme gestig: die “HA-nau-aa-epe” (lang-oor stam) en die “Ha-nau-mo-moko”(
kort-oor stam). Daar was ‘n teenstrydigheid tussen die stamme, en tot gevolge was
hierdie reusagtige steenkoppe. Die koppe staan tot 10 meter hoog!
Al hierdie
steenkoppe staar binnelands en daar is van die beelde tot in die Rano Raka vulkaan gevind. Daar
is ongeveer 1000 van hierdie beelde op die eiland. Argeoloë skat dat dit
hierdie mense plus minus 500 jaar gevat het om hierdie koppe te varvaardig, en
hulle lyk almal dieselfde!
Die Terracotta-Weermag
In 1974 in Xi,an
in die Shaanxi-provinsie, het ‘n paar boere die skok van hulle lewe gekry, die Terracotta
weermag.
6000 tot 8000
lewens groote klei soldate, gereed vir oorlog, met wapens in die hande. Hierdie beelde
is almal uniek met verskillende gesigte en gegote lywe en was ‘n vorm van
begrafnis kuns vir die eerste keiser van China in 210 V.C.
En hoeveel
werkers was nodig? Daar is ‘n geskatte getal van tot 70000 werkers wat by
hierdie “projek” betrokke was.
Die weermag
was in ‘n groot saal met hout dakke gebêre. Daar is 11 ingange in totaal en 4
hoof ingange na die saal toe, heelwaarskynlik vir die werkers om in te kon kom.
No comments:
Post a Comment