Thursday, July 25, 2013

Die Sarkofaag van Janius Bassus

As gevolg van die ruiling tussen keisers was daar nie baie voorbeelde van die tydperk se kunswerke oor nie.
Die sarkofae soos die een was baie belangrik vir christene omdat dit die geskiedenis van kerfwers saam met die storie van die bybel saam voeg.

Die marmes sarkofaag van junius bassus, ‘n prefek vanuit die stad van rome wat in 359 gesterf het, is ‘n voorbeeld van kerfwerk wat uitgebrei en naturalisties in die klassieke sin is.

Die beelde is in ‘n spiral gegrafeer in klein versierde boksies wat die verhaal van jesus se dood vertel.


Lewe in Die Middeleeue

Christenskap was een van die hoof oorsake van die val van die romeinse ryk.


Die christene het gepreek van gelykheid onder mense, God sien almal gelyk en het almal ewe lief.
Maar die Romeinse leiers het met die leiding van dictatorskap geheerk.
Vir die christene was dit ook ‘n baie moeilike lewe in rome omdat daar elke dag een of ander vorm van aanbidding aanander gode was.
As gevolg van konstantien se besluit om christenskap as geloof te verklaar en die hoofstad van die romeinse ryk na bisantium te skuif en die naam na karstantinopel te verander, het die romeinse ryk in twee geskeur.
Toe die romeinse ryk geval het was daar ‘n tekort aan leierskap wat toe deur die kerk gekvul is.
Die tydperk van 1095-1291 was bekend as die era van kruistogte waarin romynse kuns floreer het.

Monday, April 29, 2013


Die Parthenon:

 Hierdie gebou is ‘n argitektuur finominon wat decades voor sy tyd deur die Grieke gebou is.Geboue soos hierdie in die antieke grieke wêreld  is normaalweg gemaak sodat die mense hulle gode kon aanbid.hulle was gewoonlik sentaal geplaas sodat almal dit kon sien sodat dit die beeld van harmonie, balans en eenvormigheid kon weerspeël.Die Egiptiese tegniek van pilare en draagbalke in klippilare en entablemente oorgeneem.maar al verskil is net dat die Grieke die geboustruktuur omgedraai het sodat die pilare doe buitekant sal ondersteun.Die proses was as volg: hulle het eerste die dak en buitepilare opgerig en toe die binnesaal gebou.Die Parthenon was gemaak uit wit marmer en was hoofsaaklik gemaak om die standbeeld van Athena (die godin wat glo die beskermer van die stad Athena was)  te huisves.Die standbeeld is van ivoor en goud gemaak.


Thursday, April 18, 2013

Ons kuns uitstappie
Hierdie beeld is van sement gegiet.
Hy staan 2,5 meter hoog.










 Hierdie beeld bestaan uit staal en klip wat saam gemonteer is.
hierdie figuur staan ongeveer 3 meter hoog.















Hierdie figuur is van staal gemaak.
hy staan ongeveer 2 meter hoog.
 Hierdie standbeeld in die regs studie gebou is van hout gekerf.
hy staan ongeveer 2,5 meter hoog.

Sky hawk" is 'n standbeeld uit ou fiets parte en materiaal gemaak.
dit staan ongeveer 5m van die grond af.
Dit is 'n staal beeld.
Ongeveer 3,5 meter hoog. 
Twee bokke by die fontein wat van koper gegiet is.
1,7 meter hoog.
 Steen beeld.
2m hoog.
Klein steen beeld. 
0,5 meter hoog.

Brons gegiet hase
2,1 metr hoog ongeveer.
 Steen pilaar voor kus gebou.
1,9 meter hoog.
 Staal pype.
2,6 meter hoog.
Gegiete staal beeld.
3 meter hoog.

 Weereens gebuigde staal.
2.9 meter hoog.

Staal "stootskraaper" .
2,6 meter hoog.
 Stene wat bo-op mekaar gemonteer is.
1,8 meter hoog.
 Gebuigde staal.
2,7 meter hoog.
















Staal boks wat nog panele van 'n soort bevat.
ontrent  1,7 by 1 meter hoog.
Staal "bewegende" beeld, werk op parrabellum.
ontrent 3,6 meter hoog. 
 Steen en staal beeld soos voorheen net kleiner.
2,6 meter hoog.
 Die volgende vier beelde is almal van sandsteen uitgekerf.
hulle almal staan teen 2,3 meter hoog.















Beeldhouwerk:
Beeldhouwerk kan verdeel word in :
Vrystaande beeldhouwerk.
Is driedemensioneel.

Reliëf-beeldhouwerk
word uit 'n plat oppervlak uitgekerf.

Kerwing:
Materiaal word weggekerf om die "vorm"  uit die blok materiaal wat die kunstenaar gebruik vry te laat.

Modellering:
Sommige materiale is sag genoeg om tee te smee, en dus word dit gebruik om vorms te skep eerder as om hulle uit te kerf.

Gieting:
Sommige materiale is te sag om teen weerstand homself te beskerm dus word dit in 'n vloeibare metaal gewoonlik brons, in gedoop en as dit afkoel word die gietvorm uitgehol en die brons beeld bly oor.

Konstruksie:
Wanneer verskillende materiale bymekaar gevoeg word om 'n eenvoudige vorm te skep.

Nuwe Media:
Deesdae is daar kustenaars wat nie met tradisionele materiale wil gebruik nie, dus gebruik hulle einaardig materiale bv. outspap en gom.

Instellasie:
'n Kunswerk wat die uitstalruimte as deel van die kunswerk integreer.

Driedimensionele kunswerk:
'n Driedimensionele vorm van collage maak dikwels gebruik van gewone voorwerpe deur hulle in kuns te omskep.


Verskillende kuns material

1.      Waterverf :Het  ontstaan van die vroë jare var rots kuns af.

Dit is hoofsaaklik ‘n kleur pigment wat mey water gemeng word om ‘n ligkleurige verf te vorm.


2.      Pastel : Hierdie media vorm kom gewoonlik in staaf vorm voor, en bestaan uit poeir pigment en bindmiddel.

3.      Kleur potlood : Bestaan hoofsaaklik uit ‘n granite staaf met kleur pigmente, binne ‘n hout omhulsel.

4.      Charcoal:  Kom voor wanneer hout gebrand word en maak ‘n baie donker poeierige effek.

5.      Gumpaper:  Bruin papier .

6.      Kerfgereedskap: Dit is gereedskap wat gebruik word om verskillende material uit te kerf om ‘n prent te maak.

7.      Fix basic: ‘n Soort gom wat op ‘n skets of kunswerk gesit word om te keer dat dit verniel.

8.      Gouache verf: Die verf het dieselfde effek as gewone waterverf maar is het ‘n beter bind middle, so basies het dit ‘n beter kwaliteit kleur.

9.      Grys potlode: Grys potlode is eintlik dieselfde as kleur potlode behalwe in plaas van kleure is daar harder of sagter gryn granite binne in die hout omhulsel.

10.  Akriel verf: Dit is basies verf wat vinnig droog word wat in ‘n akriel gom-basis gemeng is.








11.  Drukkuns: Afdruk:



word meestal van ink, papier, en ‘n plaat gebruik gemaak.




‘n Stuk hout of koper waarop die ontwerp gemaak word.

Die afdruk word gemaak deur ‘n stuk papier teen ‘n geinkde plaat te druk of te rol.

Reliëf-afdrukke: die beeld staan uit, dit wat wit moet bly word uitgesny. Bv. Linosnee, houtgraverings en houtsnee.

Intaglio-afdrukke:  Die dele wat ingekleur moet word , word uitgekerf. Bv. Gravering, etswerk.

12.  Pleister:  Material wat soos gips wek maar vir giet werk gemaak is.

13.  Tempera: Gewone verf pigment maar word met ‘n bind middle gemeng wat verskriklik lank hou , een van die bekendste bindmiddels is eiergeel.

Tuesday, March 19, 2013


Stone Henge
Hierdie monument is ‘n Chromlech struktuur, dit beteken hy het ‘n sirkullêre steenstruktuur.
Dit bestaan  uit vier konsentrise sirkels:
  1.      Buite ring-Pare groot monoliete met steenlatei.
  2.      2de ring- Kliener sarasienstene.
  3.      3de ring- In halfskoen vorm en bestaan uit vyf pare monoliete met lateie.
  4.      4de ring- ook in die vorm van perdeskoen en bestaan uit kleiner stene met ‘n plat rots in die middle.
Wetenskaplikes skat dat hierdie monument gebruik isvir rituele vir die son god.
Maar daar is ook bewyse dat dit as ‘n politiese mags verhoging sesteem gebruik is deur die eerste man wat goud kon smee in daardie tyd, daar is egter geen record van hom gevind nie.

Saturday, March 2, 2013

Eiland tot China- 'n Wêreld Vol Kuns





Paaseiland
Hierdie eiland is tydens paastyd op 1722 ontdek deur Roggeveer.
Van sy skip af kon hy groot steen koppe sien wat op die eiland uitstaan. In 1914 het die Britse argeoloog, Katherine Routledge begin ondersoek instel oor die eiland se geskiedens, legendes en steenkoppe.
Daar is bevind dat die eerste mense tussen die 14de en 17de eeu  na die eiland toe gekom het, en van ander Polinsiese eilande afkomstig was.
Daar was later twee stamme gestig: die “HA-nau-aa-epe” (lang-oor stam) en die “Ha-nau-mo-moko”( kort-oor stam). Daar was ‘n teenstrydigheid tussen die stamme, en tot gevolge was hierdie reusagtige steenkoppe. Die koppe staan tot 10 meter hoog!
Al hierdie steenkoppe staar binnelands en daar is van die beelde tot in die Rano Raka vulkaan gevind. Daar is ongeveer 1000 van hierdie beelde op die eiland. Argeoloë skat dat dit hierdie mense plus minus 500 jaar gevat het om hierdie koppe te varvaardig, en hulle lyk almal dieselfde!




Die Terracotta-Weermag
In 1974 in Xi,an in die Shaanxi-provinsie, het ‘n paar boere die skok van hulle lewe gekry, die Terracotta weermag.
6000 tot 8000 lewens groote klei soldate, gereed vir oorlog, met wapens in die hande. Hierdie beelde is almal uniek met verskillende gesigte en gegote lywe en was ‘n vorm van begrafnis kuns vir die eerste keiser van China in 210 V.C.
En hoeveel werkers was nodig? Daar is ‘n geskatte getal van tot 70000 werkers wat by hierdie “projek” betrokke was.
Die weermag was in ‘n groot saal met hout dakke gebêre. Daar is 11 ingange in totaal en 4 hoof ingange na die saal toe, heelwaarskynlik vir die werkers om in te kon kom.